maker [boodskap #136014] |
Sat, 20 March 2021 09:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
maker
Afbreking: ma•ker
Selfstandige naamwoord: maker
Meervoud: makers
Verkleinwoord: makertjie
Meervoud van verkleining: makertjies
Betekenis:
• Iemand wat iets maak; persoon wat iets skep of vervaardig.
• Die Skepper; God.
Gebruik:
• Die maker van die verklaring moes voorsien het dat dit later in sy verhoor gebruik sou word.
• Sou 'n sterfling regverdig wees voor God? Of 'n man rein wees voor sy Maker? [Job 4:17]
Sinoniem:
• vervaardiger
Afgelei:
• grapmaker
• fluitmaker
• kersmaker
• ketelmaker
• kakmaker
• kismaker
• kleremaker
• lawaaimaker
• meubelmaker
• planmaker
• pretmaker
• pruikmaker
• skerpmaker
• skoonmaker
• slotmaker
• tentmaker
• vredemaker
• vuurmaker
• wielmaker
Vertaling:
Engels: maker
Nederlands: maker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|