vuurmaak [boodskap #136011] |
Sat, 20 March 2021 08:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vuurmaak
Afbreking: vuur•maak
Samestelling: vuur + maak
Werkwoord: maak vuur, vuurmaak
Verlede tyd: het vuurgemaak
Teenwoordige deelwoord: vuurmakende
Betekenis:
• 'n Vuur begin.
• (figuurlik) Iemand aan die gang kry; aanmoedig; aanjaag.
Gebruik:
• Akasiahout is goed vir vuurmaak, maar nie duursaam genoeg vir ander gebruike nie.
• Ons sal bietjie onder die lui werkers moet vuurmaak.
Spreekwoord:
• Hy wil met nat hout vuurmaak. [Die onmoontlike probeer doen.]
Afgelei:
• vuurmaakgoed
• vuurmaakhout
• vuurmaakplek
• vuurmaker
Vertaling:
Engels: to make a fire; light a fire under
Nederlands: vuur maken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|