Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blondekop
blondekop [boodskap #136001] Fri, 19 March 2021 15:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Blondekop.
'n Blondekop.
blondekop
Afbreking: blon•de•kop
Samestelling: blonde (b.nw.) + kop (s.nw.)


Selfstandige naamwoord: blondekop
Meervoud: blondekoppe
Verkleinwoord: blondekoppie
Meervoud van verkleining: blondekoppies

Betekenis:
• 'n Persoon met ligte, blonde hare.

Gebruik:
• Dié sprankelende blondekop het spoedig 'n bekende gesig vir televisiekykers geword.

Antoniem:
• donkerkop

Hiponiem:
• blondine

Afgelei:
• blondekopmeisie
• blondekopseun

Vertaling:
Engels: person with fair hair, blond
Nederlands: blonde hoofd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skoenveter
Volgende onderwerp: humoristies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:55:49 UTC 2025