professie [boodskap #135994] |
Fri, 19 March 2021 13:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
professie
Afbreking: pro•fes•sie
Selfstandige naamwoord: professie
Meervoud: professies
Betekenis:
• Die beroep wat iemand beoefen om geld te verdien, veral 'n beroep van intellektuele aard.
Gebruik:
• In 'n gestruktureerde en gespesialiseerde samelewing behoort elke professie gereguleer te word om te verseker dat aanvaarbare standaarde gehandhaaf word.
Sinoniem:
• beroep
• betrekking
• loopbaan
• nering
• roeping
• werk
Vertaling:
Engels: profession, occupation
Nederlands: professie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|