onbekend [boodskap #135980] |
Wo, 17 Maart 2021 15:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbekend
Afbreking: on•be•kend
Samestelling: on- + bekend
Uitspraak: /ˌɔn.bəˈkɛnt/
Byvoeglike naamwoord: onbekend
Vergrotende trap: onbekender
Oortreffende trap: onbekendste
Attributief: onbekende
Partitief: onbekends
Betekenis:
• Wat nie bekend is nie.
Gebruik:
• Die presiese grootte van die Kangogrotte is onbekend.
Spreekwoord:
• Onbekend maak onbemind. ['n Mens hou nie van 'n onbekende persoon of saak nie.]
Sinoniem:
• obskuur
• ongekend
• ongeopenbaar
• oningelig
• onkundig
• uitheems
• vreemd
Antoniem
• bekend
Afkorting:
• onbek.
Afgelei:
• onbekendes
• onbekendheid
Vertaling:
Engels: unknown, unacquainted
Nederlands: onbekend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|