gestalte [boodskap #135978] |
Wo, 17 Maart 2021 14:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gestalte
Afbreking: ge•stal•te
Uitspraak: /χəˈstal.tə/
Selfstandige naamwoord: gestalte
Meervoud: gestaltes
Verkleinwoord: gestaltetjie
Meervoud van verkleining: gestaltetjies
Betekenis:
• Die vorm van 'n regopstaande mens.
Gebruik:
• Hy is klein van gestalte, maar so sterk soos 'n os.
Sinoniem:
• bou
• fatsoen
• figuur
• formasie
• gedaante
• postuur
• statuur
• voorkoms
• vorm
Afgelei:
• skyngestalte
Vertaling:
Engels: figure, shape, stature, appearance
Nederlands: gestalte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|