subsidie [boodskap #135969] |
Di, 16 Maart 2021 20:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
subsidie
Afbreking: sub•si•die
Uitspraak: /ˌsœpˈsi.di/
Selfstandige naamwoord: subsidie
Meervoud: subsidies
Verkleinwoord: subsidietjie
Meervoud van verkleining: subsidietjies
Betekenis:
• Finansiële ondersteuning, veral geldelike steun vanaf die staat of 'n amptelike instansie.
Gebruik:
• Boere wat op minder as 'n hektaar grond boer, sal vir 'n subsidie van tussen R1000 en R9000 in aanmerking kom.
Sinoniem:
• bystand
• donasie
• ondersteuning
• toelae
Afgelei:
• behuisingsubsidie
• staatsubsidie
• subsidiegeld
• subsidiestelsel
• subsidieverpligtinge
Verwant:
• subsidieer
• subsidiëring
Vertaling:
Engels: subsidy, grant
Nederlands: subsidie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|