koekeloer [boodskap #135964] |
Di, 16 Maart 2021 10:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koekeloer
Afbreking: koe•ke•loer
Werkwoord: koekeloer
Verlede tyd: het gekoekeloer
Betekenis:
• Skelm kyk (na iets waarby 'n mens geen besigheid het nie).
Gebruik:
• Die antwoorde is agter in die boek, maar jy mag nie koekeloer nie!
Sinoniem:
• afkyk
• afloer
• loer
Afgelei:
• koekeloerder
• koekeloerdery
Vertaling:
Engels: to peep, spy, pry
Nederlands: koekeloeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|