vertroulik [boodskap #135961] |
Ma, 15 Maart 2021 16:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vertroulik
Afbreking: ver•trou•lik
Samestelling: vertrou + -lik
Byvoeglike naamwoord: vertroulik
Vergrotende trap: vertrouliker
Oortreffende trap: vertroulikste
Attributief: vertroulike
Partitief: vertrouliks
Betekenis:
• Wat nie oorvertel of uitgelap moet word nie.
Gebruik:
• Ek het vertroulik verneem dat die twee oor 'n meisie baklei het.
• Die regering se vertroulike korrespondensie is aan WikiLeaks gelek.
Sinoniem:
• geheim
• geklassifiseer
• intiem
• konfidensieel
• persoonlik
• privaat
Afgelei:
• vertroulikheid
Vertaling:
Engels: confidential, intimate, private
Nederlands: vertrouwelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|