goedertierenheid [boodskap #135959] |
Ma, 15 Maart 2021 15:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
goedertierenheid
Afbreking: goe•der•tie•ren•heid
Selfstandige naamwoord: goedertierenheid
Meervoud: –
Betekenis:
• Die goedheid en genade wat van God af kom.
Gebruik:
• Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. [1 Kronieke 16:34]
Sinoniem:
• barmhartigheid
• genade
• goedgesindheid
• goedheid
• meegevoel
• welwillendheid
Vertaling:
Engels: loving-kindness, mercy
Nederlands: goedertierenheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|