Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitgangspunt
uitgangspunt [boodskap #135952] Ma, 15 Maart 2021 07:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgangspunt
Afbreking: uit•gangs•punt
Samestelling: uitgang + -s- + punt


Selfstandige naamwoord: uitgangspunt
Meervoud: uitgangspunte
Verkleinwoord: uitgangspuntjie
Meervoud van verkleining: uitgangspuntjies

Betekenis:
• Die aannames en veronderstellings wat gemaak word (wat as vertrekpunt dien).

Gebruik:
• Die uitgangspunt van verskeie lewensfilosofieë is dat 'n mens aan ander moet doen soos wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.

Sinoniem:
• aanname
• aanvangspunt
• aksioma
• basis
• beginpunt
• grondbegrip
• grondgedagte
• grondstelling
• hipotese
• onderstelling
• premis
• standpunt
• supposisie
• teorie
• veronderstelling

Vertaling:
Engels: premise, principle, point of departure, starting point
Nederlands: uitgangspunt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: energiek
Volgende onderwerp: inkluis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 00:47:09 MGT 2024