Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » staar
staar [boodskap #135945] So, 14 Maart 2021 17:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
staar
Afbreking: staar


Werkwoord: staar
Verlede tyd: het gestaar

Betekenis:
• Lank en stip na iets kyk, soms sonder om enigiets raak te sien.

Gebruik:
• 'n Mens leer niks as jy net na die bladsye staar nie!

Spreekwoord:
• Jou blind staar. [Niks anders wil raaksien of in ag neem nie.]

Sinoniem:
• aangaap
• aangluur
• aanskou
• aanstaar
• afloer
• beskou
• fokus
• gadeslaan
• gluur
• konsentreer
• kyk
• sien
• toekyk
• tuur
• verkyk
• vergaap

Afgelei:
• blindstaar

Vertaling:
Engels: to stare, gaze, peer
Nederlands: staren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Asiaat
Volgende onderwerp: roulette
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 26 00:18:59 MGT 2024