somersonstilstand [boodskap #135932] |
Sat, 13 March 2021 06:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
somersonstilstand
Afbreking: so•mer•son•stil•stand
Samestelling: somer + sonstilstand
Selfstandige naamwoord: somersonstilstand
Meervoud: somersonstilstande
Betekenis:
• Die gebeurtenis waarby die son, vanaf die aarde gesien, die mees suidelike posisie (die Steenbokskeerkring) bereik.
Gebruik:
• In die Suidelike Halfrond vind die somersonstilstand gewoonlik op 21 Desember plaas, wat dan ook die langste dag van die jaar is.
Sinoniem:
• midsomer
• somerpunt
Antoniem:
• wintersonstilstand
Vertaling:
Engels: summer stolstice
Nederlands: zomerzonnestilstand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|