kwantiteit [boodskap #135928] |
Fri, 12 March 2021 15:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwantiteit
Afbreking: kwan•ti•teit
Selfstandige naamwoord: kwantiteit
Meervoud: kwantiteite
Betekenis:
• Die hoeveelheid van iets.
Gebruik:
• Fokus eerder op kwaliteit as kwantiteit.
Sinoniem:
• aantal
• grootheid
• hoeveelheid
• porsie
Afgelei:
• kwantitatief
Afkorting:
• kwant.
Vertaling:
Engels: quantity, amount
Nederlands: kwantiteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|