denotatief [boodskap #135908] |
Wed, 10 March 2021 20:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
denotatief
Afbreking: de•no•ta•tief
Byvoeglike naamwoord: denotatief
Attributief: denotatiewe
Betekenis:
• Met betrekking tot die letterlike betekenis van 'n woord.
Gebruik:
• Die woord "vark" kan denotatief (met verwysing na die soogdier) of konnotatief (met verwysing na 'n morsige of ongeskikte persoon) gebruik word.
Sinoniem:
• letterlik
Antoniem:
• figuurlik
• konnotatief
Vertaling:
Engels: denotative
Nederlands: denotatief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|