Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ledig
ledig [boodskap #135906] Wed, 10 March 2021 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ledig
Afbreking: le•dig


Byvoeglike naamwoord: ledig
Vergrotende trap: lediger
Oortreffende trap: ledigste
Attributief: ledige

Betekenis:
• Met niks konstruktiefs om te doen nie.

Gebruik:
• Dit lyk my die staatsdiens betaal duur lone aan ledige werkers.

Sinoniem:
• dadeloos
• lui
• onaktief
• niksdoenend
• passief
• werkloos

Antoniem:
• bedrywig
• besig

Afgelei:
• ledigheid

Vertaling:
Engels: idle, without employment
Nederlands: ledig


Werkwoord: ledig
Verlede tyd: het geledig

Betekenis:
• Die inhoud volledig verwyder; leegmaak; leegdrink.

Gebruik:
• Hy is so dors hy ledig sy glas en toe sommer die hele bottel water.

Spreekwoord:
• 'n Bitter beker tot op die bodem ledig. [n Swaar ervaring tot die end deurmaak.]

Vertaling:
Engels: to empty
Nederlands: ledigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hongerpyn
Volgende onderwerp: konnotatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 14:51:18 UTC 2025