| afspreek [boodskap #135898] |
Wo., 10 Maart 2021 12:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26402 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
afspreek
Afbreking: af•spreek
Samestelling: af + spreek
Werkwoord: spreek af, afspreek
Verlede tyd: het afgespreek
Verlede deelwoord: afgesproke
Betekenis:
• Om 'n afspraak te maak of tot 'n onderlinge ooreenkoms te kom.
Gebruik:
• Hulle spreek toe af om die volgende oggend in die parkie te ontmoet.
• Sal twee saamloop as hulle dit nie afgespreek het nie? [Amos 3:3]
Sinoniem:
• beklink
• besluit
• instem
• ooreenkom
• reël
Vertaling:
Engels: to agree upon, make an agreement
Nederlands: afspreken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|