Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Re: terwille van rugby.
Re: terwille van rugby. [boodskap #14527] Ma, 11 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Leendert,
Die tragedie is dat almal wat hierdie modus operandi van die regering
teenstaan, dieselfde behandeling kry - op alle vlakke van regering. Die
probleem is dat die nuwe demokrasie nie deur die regeerders self hanteer
kan word nie. Skiet hulle self aanhoudend in die voet.

Die tweederde meerderheidstem wat be-oog word gaan hierdie land in 'n
geweldige gemors laat beland. Op die vlak waar ek betrokke is, is hierdie
optrede ou nuus. Net soos Luyt, voel al die persone wat nog die moed aan
die dag lê om die regeringsamptenare aan te vat, dieselfde, en almal gaan
met die volgende era uit die openbare lewe tree. Die druk vanuit die nuwe
Suid-Afrika, wanneer 'n besluit teengestaan word, is massief. Intimidasie
is skrikwekkend - word selfs met verkragting gedreig. Die nuwe amptenare
duld geen teespraak nie.

Selfs die regstelsel moet buig onder hulle aanslag. Dr. Luyt het 'n mate
van outokrasie bedryf, maar miljoene van sy eie geld is in rugby ingestoot.
Hy het hart en siel vir die rugbymanne baklei. Hy behoort vir altyd
daarvoor vereer te word.

Voorvalle soos hierdie, kan ad infinitum in hierdie nuusgroep gerapporteer
word. Glo my, daar is miljoene van dit. Ons land stuur op 'n hel af. Die
tyd is miskien nie so ver wanneer daar om grondige redes vir vlugteling
status in ander lande aangesoek gedoen gaan word nie. Wat in die openbaar
gesê word, en wat in werklikheid gebeur, is twee angswekkende pole
uitmekaar. Hopelik sal een of ander dapper joernalis eendag die moed aan
die dag lê om die gruweldade, na 1994, te boek te stel. Tot dusver het
niemand nog die moed om tot eerlikheid oor te gaan, en die helse gevolge
daarvan te dra nie.
Re: terwille van rugby. [boodskap #14528 is 'n antwoord op boodskap #14527] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> Die enigste
> van die grotes wat sterk uitgekom het teen die optrede van die regering was
> Rapport - miskien sit Perskor bietjie verder van die vuur af met belange in
> Rugby.

Leendert, so ver my kennis strek, word Rapport gesamentlik besit deur
Perskor en Naspers. Ek is egter nie so seker of Rapport 'verder sit' as die
res nie. Die media se modus operandi stem in 'n groot mate ooreen met die
van politici - speel vir jou gehoor. Vir die afgelope 20 jaar lees ek elke
Sondag Rapport 'n die Sunday Times - ek reken ek kry 'n beter beeld van wat
aangaan op die manier.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: terwille van rugby. [boodskap #14529 is 'n antwoord op boodskap #14527] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >
> griet wrote in message

>> Voorvalle soos hierdie, kan ad infinitum in hierdie nuusgroep gerapporteer
>> word. Glo my, daar is miljoene van dit. Ons land stuur op 'n hel af. Die
>> tyd is miskien nie so ver wanneer daar om grondige redes vir vlugteling
>> status in ander lande aangesoek gedoen gaan word nie.

Ek is nou deurmekaar. Het iemand uit die
Oos-Kaap nie kort gelede beskrywings gegee
van hoe die mense daar partytjies hou (daar
was vir my smaak glad teveel praat van
aanhoudende drankkonsumpsie daarin.) Nou
is die land skielik so op die koffie
dat julle vlugteling-status in ander lande
wil soek. Komaan.

Leendert skryf:

Beeld het openlik gevra dat
> Luyt verwyder moet word, en selfs Die Burger was, die bietjie wat ek gesien
> het, maar stillerig - maar as ek reg onthou het Nasionale Pers omtrent net
> soveel as die Engelse pers om te verloor as M-Net iets oorkom. Die enigste
> van die grotes wat sterk uitgekom het teen die optrede van die regering was
> Rapport -


Ha! Die Burger trap ook nou verkeerd?
Dinge word interessanter en interessanter!

Gloudina
Re: terwille van rugby. [boodskap #14587 is 'n antwoord op boodskap #14527] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
griet wrote in message ...

> Die tragedie is dat almal wat hierdie modus operandi van die regering
> teenstaan, dieselfde behandeling kry - op alle vlakke van regering. Die
> probleem is dat die nuwe demokrasie nie deur die regeerders self hanteer
> kan word nie. Skiet hulle self aanhoudend in die voet.
>
> Die tweederde meerderheidstem wat be-oog word gaan hierdie land in 'n
> geweldige gemors laat beland. Op die vlak waar ek betrokke is, is hierdie
> optrede ou nuus. Net soos Luyt, voel al die persone wat nog die moed aan
> die dag lê om die regeringsamptenare aan te vat, dieselfde, en almal gaan
> met die volgende era uit die openbare lewe tree. Die druk vanuit die nuwe
> Suid-Afrika, wanneer 'n besluit teengestaan word, is massief. Intimidasie
> is skrikwekkend - word selfs met verkragting gedreig. Die nuwe amptenare
> duld geen teespraak nie.

Wat het geword van die ondersoek na die moord by Hogg's Back op daardie
Amerikaanse dokter en haar vriendin?

Ek onthou daar was sprake dat die moord verband kon hou met 'n ondersoek
waarby sy betrokke was na korrupsie in een van die hospitale daar rond.

Is eimand al gevang vir die moord?

> Voorvalle soos hierdie, kan ad infinitum in hierdie nuusgroep gerapporteer
> word. Glo my, daar is miljoene van dit. Ons land stuur op 'n hel af. Die
> tyd is miskien nie so ver wanneer daar om grondige redes vir vlugteling
> status in ander lande aangesoek gedoen gaan word nie. Wat in die openbaar
> gesê word, en wat in werklikheid gebeur, is twee angswekkende pole
> uitmekaar. Hopelik sal een of ander dapper joernalis eendag die moed aan
> die dag lê om die gruweldade, na 1994, te boek te stel. Tot dusver het
> niemand nog die moed om tot eerlikheid oor te gaan, en die helse gevolge
> daarvan te dra nie.

Dit was vir my nogal opmerklik hoe die media die intimidasie van SARFU
hanteer het - die SABC het, sover ek waargeneem het, hoofsaaklik die
regeringstandpunt gestoot. M-Net se woordvoerder het Luytkeels geroep om die
bloed van Luyt - volgens een briefskrywer het hy in 'n TV-onderhoud, wat ek
nie gesien het nie in een stadium gesê "so what if it's unconstitutional".

Maar natuurlik, M-Net is so vasgekoop in rugby, hulle vrees moontlik vir hul
oorlewing as een rugbytoets iets oorkom.

Die groot koerante was 'n ander storie. Die Engelse koerante het letterlik
getoyi-toyi op die lyk van Luyt. Dit verwag 'n mens in elk geval, maar sover
ek weet besit hulle iets soos helfte van M-Net. Beeld het openlik gevra dat
Luyt verwyder moet word, en selfs Die Burger was, die bietjie wat ek gesien
het, maar stillerig - maar as ek reg onthou het Nasionale Pers omtrent net
soveel as die Engelse pers om te verloor as M-Net iets oorkom. Die enigste
van die grotes wat sterk uitgekom het teen die optrede van die regering was
Rapport - miskien sit Perskor bietjie verder van die vuur af met belange in
Rugby.

Omroepers van Punt Radio en Radio Pretoria was openlik en aggressief teen
die regering se optrede - maar dan, hulle is klein en oënskynlik onafhanklik
van die groot taai geldpot wat rondom rugby sit. (Sedert Punt op die lug is
kom ek nie meer by 702 uit nie, so ek weet nie hoe hulle die ding hanteer
het nie.)

Ek weet nie, Griet. As die pers die waghonde van die demokrasie is, lyk dit
my hulle sit ook maar met wurghalters waarmee hulle beheer kan word.

So mens moet miskien maar nie te veel van die media in die algemeen verwag
waar dit gaan oor die menseregteskendings in die Nuwe Suid-Afrika nie.

Groete, Leendert
Re: terwille van rugby. [boodskap #14747 is 'n antwoord op boodskap #14527] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> Hmmm..... Ek het ook die ST vir baie jare gelees om die vyand se standpunt
> te verneem. Nou kan ek dit in Afrikaans doen - in Beeld :-)

Die vyand? Se tog meer nie-rassige, nie-apartheidsvark, pro-mensdom leendert.

Sizwe
Re: terwille van rugby. [boodskap #14806 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
>> Hmmm..... Ek het ook die ST vir baie jare gelees om die vyand se standpunt
>> te verneem. Nou kan ek dit in Afrikaans doen - in Beeld :-)
>
> Die vyand? Se tog meer nie-rassige, nie-apartheidsvark, pro-mensdom
leendert.

Vyand = Boerehaters, "sizwe". Synde "idiologiese identiteit" en self 'n
venter van boerehaat behoort jy dit te snap, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: terwille van rugby. [boodskap #14807 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Maar as
> Afrikaners so sit en gif spoeg teen
> ander Afrikaners, dan is daar iets
> groots fout. Wat is die fout?
>
> Gloudina
>

As een met goeie ondervinding daarvan, kan jy ons eerste vertel. Ons wag in
spanning......

(As jy natuurlik nie 'n 'Afrikaner' is nie, maar slegs 'n
Afrikaanssprekende, mag jy verskoon word)
Re: terwille van rugby. [boodskap #14808 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina, vriendin, wat sal ek nou sonder jou in die lewe gedoen het,mmmm?
Miskien moet ons eers inleidend gesels oor die kompartemente waarin mense
se lewens verdeel is - jy weet, vir elke segment van die dag is daar 'n
verskillende kompartement wat aangespreek word. Myne: Van 6.00 soggens tot
12.00 middernag in die week doen ek ontwikkelingswerk as sosioloog. So
binne in die moederskoot van moeder nuwe Suid-Afrika, en dis waar hierdie
kommentaar vandaan kom. Naweke word die ander kompartemente aangespreek, en
dis waar die partyjies inkom, waar die siel weer gevoed word met kultuur.

Daar is kompartemente vir depressie aanvalle, optimistiese euforiese
jubeling, en vele meer. Hang af in watter kompartement jy my kontak, sal jy
verskillende ervaringe met my deel. In die depressie stadium, kan ek vir
jou 'n riller skryf oor belewenisse in hierdie mooie ou land van ons. Ek
glo nie, na observasie, dat hier een ander persoon in hierdie nuusgroep is,
wat so persoonlike noue kontak met ons geliefde inwoners het, soos ek nie.
Ek vind dus die intelligente debatte en kommentare baie stimulerend, maar
hoogs amusant.

Op die vlak waar ek werk, kry ek met alle aspekte van menswees te doen. Na
die opstel van ellelange verslae, toetsing, miljoene onderhoude,ens. wat
aan regerings- en ander belanghebbende instansies gestuur word, beweeg die
res van die dienste-departemente in. Van privaat donateure, tot
regeringsinstansies wat dienste lewer in gebiede en natuurlik die politici
met hulle agendas. Hier verkies ek om in Latyn te begin swets, maar sal jou
dit spaar. My beskeie bydrae tot opheffingswerk het verbeterde skole
dienste, klinieke, kleuterskole, opleidingskursusse, sportfasiliteite, ens
tot gevolg. Dis altyd goed om die resultate van baie ure se harde werk te
sien gebeur. Verstaan tannie nou?

O ja, die drinkery.... Skat, Suid-Afrika is maar een van die honderde lande
met 'n drank kultuur. Hang af hoe jy dit doen. Ons doen dit in styl. : - D.

Terloops, ek en my man is semi-geheelonthouers wat net die gaste rojaal
trakteer. Laat dit jou miskien dink...? 'n Lekker dag vir jou hoor......
Re: terwille van rugby. [boodskap #14809 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...

> Leendert, so ver my kennis strek, word Rapport gesamentlik besit deur
> Perskor en Naspers.

Dis hoe ek dit ook het.

> Ek is egter nie so seker of Rapport 'verder sit' as die
> res nie. Die media se modus operandi stem in 'n groot mate ooreen met die
> van politici - speel vir jou gehoor. Vir die afgelope 20 jaar lees ek elke
> Sondag Rapport 'n die Sunday Times - ek reken ek kry 'n beter beeld van wat
> aangaan op die manier.

Hmmm..... Ek het ook die ST vir baie jare gelees om die vyand se standpunt
te verneem. Nou kan ek dit in Afrikaans doen - in Beeld :-)

Groete, Leendert
Re: terwille van rugby. [boodskap #14810 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Om Engels te wees in Suid-Afrika
> was nog nooit versekering dat hul
> liberaal en aan die kant van mense-
> regte is nie. Inteendeel. Die
> Engelse veral van Transvaal was nog
> altyd veel meer "regs" as die
> liberale Afrikaners. En ek kan jou
> verseker dat swart Suid-Afrikaners
> nie Engelse sien as hulle natuurlike
> bondgenote nie. Ek het lank genoeg
> onder swart Suid-Afrikaners gewoon
> om te weet dat hulle maar fyn eers
> uitvind wat die motiewe is, voordat
> hulle Engelse in hul hart opneem.

Gloudina,

Die oorspronklike argument gaan oor die rol van die pers. Dit het weinig uit
te waai met wat jy hierbo noem. Jy sal vind dat die oorgrootte meerderheid
swartmense wat koerant lees dit deur medium Engels doen. Dit het bitter min
daarmee te doen of hulle Engelssprekendes as bondgenote sien, al dan nie.

Die Sunday Times het 'n tradisie van kritiek op die regering van die dag -
voor '94, sowel as daarna. Beeld se tradisie is een van vroeër min of meer
die regering van die dag steun, maar tans van sy hewigste kritici is. Goed,
Beeld se beleid het verander, maar hulle is tans minder krities teenoor die
regerende party as wat die Sunday Times is. En die Sunday Times het meer
swart joernaliste as Beeld.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: terwille van rugby. [boodskap #14811 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

.. Ek het ook die ST vir baie jare gelees om die vyand se standpunt
>>> te verneem. Nou kan ek dit in Afrikaans doen - in Beeld :-)

> Vyand = Boerehaters, "sizwe". Synde "idiologiese identiteit" en self 'n
> venter van boerehaat behoort jy dit te snap, nie waar nie?
>
> Vriendelike groete, Leendert

Ek vind dit baie treurig, of "sad"
soos die Engelsman sê, dat daar
mense soos Leendert in Pretoria sit
en gif spoeg teen ander Afrikaners
wat op die personeel van Beeld is.
Ek kan verstaan as Afrikaners 'n
bietjie bitter is teen Engelse
"liberale" koerante, of teen koerante
wat, in Engels, baie pro-ANC is omdat
die personeel meestal nie-wit is en
dus miskien 'n bietjie bevooroordeel
is teen Afrikaner-sake. Maar as
Afrikaners so sit en gif spoeg teen
ander Afrikaners, dan is daar iets
groots fout. Wat is die fout? Ek
het 'n gevoel die fout is nie by
"Beeld" nie.

Gloudina
Re: terwille van rugby. [boodskap #14812 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes:
> Gloudina, vriendin, wat sal ek nou sonder jou in die lewe gedoen het,
mmmm?

> . My beskeie bydrae tot opheffingswerk het verbeterde skole
> dienste, klinieke, kleuterskole, opleidingskursusse, sportfasiliteite, ens
> tot gevolg. Dis altyd goed om die resultate van baie ure se harde werk te
> sien gebeur.

Dankie, Griet. Jy weet nie hoeveel so 'n
kykie in Suid-Afrika in vir my beteken nie.
As 'n mens na baie op hierdie nuusgroep
luister, is die maatskappy besig om in duie
te stort. Maar hier vind ek jou, besig met
sosiometriese werk - die teken van 'n
beskaafde maatskappy. Lank lewe die sosiolo"e
en die sosiale werkers.

Gloudina
Re: terwille van rugby. [boodskap #14813 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ek kan verstaan as Afrikaners 'n
> bietjie bitter is teen Engelse
> "liberale" koerante, of teen koerante
> wat, in Engels, baie pro-ANC is omdat
> die personeel meestal nie-wit is en
> dus miskien 'n bietjie bevooroordeel
> is teen Afrikaner-sake. Maar as
> Afrikaners so sit en gif spoeg teen
> ander Afrikaners, dan is daar iets
> groots fout. Wat is die fout? Ek
> het 'n gevoel die fout is nie by
> "Beeld" nie.

Gloudina, ek dink as jy mooi op die saak ingaan, sal jy agterkom dat 'n
Engelstalige koerant soos die Sunday Times baie meer krities staan teenoor
die ANC, as wat Beeld doen.

(In elk geval, dit is my persepsie. Ander met 'n hoër IK mag dalk verskil.)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: terwille van rugby. [boodskap #14814 is 'n antwoord op boodskap #14527] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

>
> Gloudina, ek dink as jy mooi op die saak ingaan, sal jy agterkom dat 'n
> Engelstalige koerant soos die Sunday Times baie meer krities staan teenoor
> die ANC, as wat Beeld doen.

> Henri Burger, Tzaneen. RSA


Om Engels te wees in Suid-Afrika
was nog nooit versekering dat hul
liberaal en aan die kant van mense-
regte is nie. Inteendeel. Die
Engelse veral van Transvaal was nog
altyd veel meer "regs" as die
liberale Afrikaners. En ek kan jou
verseker dat swart Suid-Afrikaners
nie Engelse sien as hulle natuurlike
bondgenote nie. Ek het lank genoeg
onder swart Suid-Afrikaners gewoon
om te weet dat hulle maar fyn eers
uitvind wat die motiewe is, voordat
hulle Engelse in hul hart opneem.

Gloudina
Re: terwille van rugby. [boodskap #14850 is 'n antwoord op boodskap #14527] So, 17 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
>
>
> Om Engels te wees in Suid-Afrika
> was nog nooit versekering dat hul
> liberaal en aan die kant van mense-
> regte is nie. Inteendeel. Die
> Engelse veral van Transvaal was nog
> altyd veel meer "regs" as die
> liberale Afrikaners. En ek kan jou
> verseker dat swart Suid-Afrikaners
> nie Engelse sien as hulle natuurlike
> bondgenote nie.

Dit het Steve Biko ons ook vertel.

Vriendelike groete, Leendert
Re: terwille van rugby. [boodskap #14883 is 'n antwoord op boodskap #14527] Ma, 18 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> Vyand = Boerehaters,

Jou slip wys daagliks al hoe meer, leendert, en die borduursel op jou en
rsa-boy s'n lyk meer en meer dieselfde.
Vorige onderwerp: Terwille van Rugby
Volgende onderwerp: Beheer oor Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 03:58:57 MGT 2024