suggestief [boodskap #135874] |
Mon, 08 March 2021 10:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
suggestief
Afbreking: sug•ge•stief
Byvoeglike naamwoord: suggestief
Attributief: suggestiewe
Betekenis:
• Wat implisiet gesuggereer word; iemand onbewustelik beïnvloed of voorstellings in sy gedagtes bring.
• Wat onwelvoeglike gedagtes oproep.
Gebruik:
• Sommige pop-liedjies kan suggestief na dwelmmiddels verwys.
• Sy dans suggestief met haar kort rokkie voor die besoekers.
Sinoniem:
• evokatief
• prikkelend
Afgelei:
• suggestiwiteit
Vertaling:
Engels: suggestive
Nederlands: suggestief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|