apparaat [boodskap #135873] |
Mon, 08 March 2021 08:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
apparaat
Afbreking: ap•pa•raat
Selfstandige naamwoord: apparaat
Meervoud: apparate
Verkleinwoord: apparaatjie
Meervoud van verkleining: apparaatjies
Betekenis:
• 'n Mensgemaakte voorwerp met verskillende onderdele wat vir 'n bepaalde funksie gebruik word.
Gebruik:
• 'n Gatsometer is 'n apparaat waarmee voertuie se snelheid gemeet word.
Sinoniem:
• ding
• gereedskap
• implement
• instrument
• masjien
• meganisme
• toerusting
• toestel
• uitvindsel
• werktuig
Afgelei:
• gehoorapparaat
Vertaling:
Engels: apparatus, device
Nederlands: apparaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|