reserwe [boodskap #135862] |
So, 07 Maart 2021 09:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
reserwe
Afbreking: re•ser•we
Selfstandige naamwoord: reserwe
Meervoud: reserwes
Verkleinwoord: reserwetjie
Meervoud van verkleining: reserwetjies
Betekenis:
• Iets of iemand wat vir latere gebruik opsy gesit/ teruggehou/ gereserveer is.
Gebruik:
• Tien van die vliegtuie is nog in aktiewe diens terwyl twee in reserwe gehou word.
Sinoniem:
• neseier
• noodfonds
• noodvoorraad
Afgelei:
• reserweband
• reserwebank
• reserwedeel
• reserwefonds
• reserwekampioen
• reserwekapitaal
• reserwemag
• reserweprys
• reserwerekening
• reserwespeler
• reserwetroepe
• reserwevoorraad
• reserwewiel
Vertaling:
Engels: reserve, reserves
Nederlands: reserve
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|