Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loesing
loesing [boodskap #135859] Sun, 07 March 2021 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
loesing
Afbreking: loe•sing


Selfstandige naamwoord: loesing
Meervoud: loesings
Verkleinwoord: loesinkie
Meervoud van verkleining: loesinkies

Betekenis:
• Fisiese lyfstraf.
• (figuurlik) 'n Nederlaag of afranseling.

Gebruik:
• My pa het my 'n behoorlike loesing gegee toe ek biltong gesteel het.
• Suid-Afrika het 'n behoorlike loesing in sy eerste kriekettoets teen Australië ontvang.

Sinoniem:
• afrossing
• foeter
• kastyding
• pak
• lyfstraf
• siepsop-en-braaiboud
• slae
• streepsuiker
• tugtiging

Afgelei:
• rekord-loesing

Vertaling:
Engels: hiding, spanking, beating, lashing, flogging
Nederlands: pak slaag, afranseling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lafaard
Volgende onderwerp: migreer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 15:38:29 UTC 2025