lafaard [boodskap #135858] |
Sun, 07 March 2021 08:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lafaard
Afbreking: laf•aard
Samestelling: laf + -aard
Selfstandige naamwoord: lafaard
Meervoud: lafaards
Verkleinwoord: lafaardjie
Meervoud van verkleining: lafaardjies
Betekenis:
• Persoon sonder moed wat maklik deur angs oorval word en van gevaarlike situasies wegvlug.
Gebruik:
• Die hiëna word soms as 'n lafaard beskryf, maar sal 'n lafaard werklik so 'n gedugte vyand aandurf?
Sinoniem:
• bangbroek
• banggat
• bangerik
• durfniet
• jellievis
• lamsak
• papbroek
• papperd
• renegaat
• swakkeling
• weghardloper
Antoniem:
• held
Afgelei:
• lafhartig
Vertaling:
Engels: coward, wuss
Nederlands: lafaard
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|