landmeter [boodskap #135853] |
Sat, 06 March 2021 16:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
landmeter
Afbreking: land•me•ter
Samestelling: land + meter
Selfstandige naamwoord: landmeter
Meervoud: landmeters
Verkleinwoord: landmetertjie
Meervoud van verkleining: landmetertjies
Betekenis:
• Iemand wie se beroep dit is land op te meet en op kaart te stel.
Gebruik:
• In die ou dae het landmeters die land uitgemeet m.b.v. voetslaan, te perd, donkie en muil, asook deur die metings met kettings.
Sinoniem:
• opmeter
Afgelei:
• landmeter-generaal
• landmetersketting
• landmetery
Vertaling:
Engels: land-surveyor, surveyor
Nederlands: landmeter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|