Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdrag
verdrag [boodskap #135852] Sat, 06 March 2021 15:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdrag
Afbreking: ver•drag


Selfstandige naamwoord: verdrag
Meervoud: verdrae
Verkleinwoord: verdraggie
Meervoud van verkleining: verdraggies

Betekenis:
• 'n Wedersyds bindende ooreenkoms tussen soewereine state en moonthede.

Gebruik:
• Die Verdrag van Vereeniging wat op 31 Mei 1902 tussen verteenwoordigers van die Boere en die Britte onderteken is het die Anglo-Boereoorlog ten einde gebring.

Sinoniem:
• akkoord
• konvensie
• ooreenkoms
• pakt
• traktaat
• verbond

Afgelei:
• vredesverdrag

Vertaling:
Engels: treaty, agreement
Nederlands: verdrag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sweef
Volgende onderwerp: landmeter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 15:56:14 UTC 2025