Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » prooi
prooi [boodskap #135846] Fri, 05 March 2021 17:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
prooi
Afbreking: prooi


Selfstandige naamwoord: prooi
Meervoud: prooie
Verkleinwoord: prooitjie
Meervoud van verkleining: prooitjies

Betekenis:
• Dit wat 'n roofdier vir voedsel jag en doodmaak.
• (figuurlik) Die slagoffer van iets.

Gebruik:
• 'n Slang sluk sy prooi heel in.
• Die kerk het in 1969 'n brand ten prooi geval.

Sinoniem:
• buit
• roof
• slagoffer
• vangs

Afgelei:
• prooidier

Vertaling:
Engels: prey, catch; victim
Nederlands: prooi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verleen
Volgende onderwerp: tipografie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 15:44:22 UTC 2025