Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dagdroom
dagdroom [boodskap #135844] Fri, 05 March 2021 16:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dagdroom
Afbreking: dag•droom
Samestelling: dag + droom


Werkwoord: dagdroom
Verlede tyd: het gedagdroom

Betekenis:
• Droom en fantaseer terwyl mens wakker is.

Gebruik:
• Jy sal beter doen op skool as jy minder dagdroom en aandag gee in die klas!

Vertaling:
Engels: to daydream
Nederlands: dagdromen


Selfstandige naamwoord: dagdroom
Meervoud: dagdrome
Verkleinwoord: dagdroompie
Meervoud van verkleining: dagdroompies

Betekenis:
• 'n Fantasie of ander nuttelose denkbeeld wat by mens opkom terwyl jy in 'n verlaagde staat van bewussyn is.

Gebruik:
• Op die oomblik voel dit meer soos 'n dagdroom as die realiteit.

Sinoniem:
• fantasie
• lugkasteel
• pypdroom

Afgelei:
• dagdromery

Vertaling:
Engels: daydream
Nederlands: dagdroom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: matrikuleer
Volgende onderwerp: verleen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 15:48:54 UTC 2025