toedien [boodskap #135834] |
Wed, 03 March 2021 18:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toedien
Afbreking: toe•dien
Samestelling: toe + dien
Werkwoord: dien toe, toedien
Verlede tyd: het toegedien
Betekenis:
• Iemand iets gee (soos 'n hou) of ingee (soos medikasie).
Gebruik:
• Die narkotiseur sal voor die operasie narkose toedien.
Spreekwoord:
• Die nekslag toedien. [Heeltemal vernietig.]
Sinoniem:
• aanwend
• administreer
• doseer
• ingee
• medikeer
• salf
Afgelei:
• toediening
Vertaling:
Engels: to administer, give
Nederlands: toedienen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|