biesiepol [boodskap #135814] |
Mon, 01 March 2021 20:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
biesiepol
Afbreking: bie•sie•pol
Samestelling: biesie + pol
Selfstandige naamwoord: biesiepol
Meervoud: biesiepolle
Verkleinwoord: biesiepolletjie
Meervoud van verkleining: biesiepolletjies
Betekenis:
• 'n Bondel (pol) van biesies wat saam groei.
• (figuurlik) 'n Mooi meisie.
Gebruik:
• Die drenkeling klou vir sy lewe aan 'n biesiepol vas.
• Ek en die biesiepol gaan vanaand bietjie dans.
Spreekwoord:
• Jou biesiepol! [Uitroep van bewondering; Jou ou doring!]
Wisselvorm:
• biesiespol
Afgelei:
• biesiepolbaard
Vertaling:
Engels: tuft of rushes, tussock of reeds
Nederlands: biezenpol
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|