vlaskam [boodskap #135810] |
Mon, 01 March 2021 16:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vlaskam
Afbreking: vlas•kam
Samestelling: vlas + kam
Selfstandige naamwoord: vlaskam
Meervoud: vlaskamme
Betekenis:
• Groot kam met tande waarmee vlas ('n veselagtige plant) se saad uitgekam word.
Gebruik:
• Vroeër is die vlas met die hand gerepel deur dit deur die lang tande van 'n vlaskam te trek.
Sinoniem:
• repel
• repelkam
Vertaling:
Engels: flax‐comb, ripple
Nederlands: vlaskam
Nota:
• Kan ook as werkwoord gebruik word: vlaskam, gevlaskam.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|