paddaslagter [boodskap #135805] |
Mon, 01 March 2021 14:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paddaslagter
Afbreking: pad•da•slag•ter
Samestelling: padda + slagter
Selfstandige naamwoord: paddaslagter
Meervoud: paddaslagters
Verkleinwoord: paddaslagtertjie
Meervoud van verkleining: paddaslagtertjies
Betekenis:
• 'n Groot stomp mes.
Gebruik:
• 'n Stomp mes word 'n paddaslagter genoem omdat dit waarskynlik die enigste ding is wat so 'n mes sal kan sny.
Sinoniem:
• kouter
Vertaling:
Engels: blunt knife
Nederlands: bot mes
Nota:
• Moontlik van die Maleise parang, wat "groot kapmes" beteken, en slagter, wat deur volksetimologie paddaslagter geword het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|