gewrig [boodskap #135803] |
Sun, 28 February 2021 19:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gewrig
Afbreking: ge•wrig
Selfstandige naamwoord: gewrig
Meervoud: gewrigte
Verkleinwoord: gewriggie
Meervoud van verkleining: gewriggies
Betekenis:
• Beweegbare verbinding tussen twee of meer bene.
Gebruik:
• Die hand se gewrig bestaan uit 8 handwortelbene.
Afgelei:
• armgewrig
• bolgewrig
• elmbooggewrig
• enkelgewrig
• gewrigsband
• gewrigsholte
• gewrigskapsel
• gewrigsknobbel
• gewrigskoppeling
• gewrigsontsteking
• handgewrig
• kniegewrig
• koeëlgewrig
• kraakbeengewrig
• polsgewrig
• skarniergewrig
• skouergewrig
• spilgewrig
• voetgewrig
Vertaling:
Engels: joint; wrist
Nederlands: gewricht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|