oppiep [boodskap #135800] |
Sun, 28 February 2021 18:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oppiep
Afbreking: op•piep
Samestelling: op + piep
Werkwoord: piep op, oppiep
Verlede tyd: het opgepiep
Betekenis:
• Met oordrewe liefde, sorg en teerheid behandel of grootmaak; oorbeskermend optree.
Gebruik:
• As jy die kind so oppiep gaan jy later met 'n bedorwe brokkie sukkel.
Sinoniem:
• bederf
• pamperlang
Vertaling:
Engels: to coddle, pamper, wet-nurse
Nederlands: in de watten leggen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|