kurrikulum [boodskap #135797] |
Sun, 28 February 2021 10:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kurrikulum
Afbreking: kur•ri•ku•lum
Selfstandige naamwoord: kurrikulum
Meervoud: kurrikulums
Verkleinwoord: kurrikulumpie
Meervoud van verkleining: kurrikulumpies
Betekenis:
• 'n Plan waarvolgens daar geleer of les gegee word.
Gebruik:
• 'n Privaatskool kan kies watter kurrikulum en sillabus hulle wil volg.
Wisselvorm:
• curriculum
Sinoniem:
• leergang
• leerplan
• studieplan
• studieveld
Afgelei:
• kurrikulumbeplanners
• kurrikuluminhoud
• kurrikulumontwikkeling
Verwant:
• sillabus
Vertaling:
Engels: curriculum
Nederlands: curriculum
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|