skooltaak [boodskap #135791] |
Sat, 27 February 2021 12:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skooltaak
Afbreking: skool•taak
Samestelling: skool + taak
Selfstandige naamwoord: skooltaak
Meervoud: skooltake
Verkleinwoord: skooltakie
Meervoud van verkleining: skooltakies
Betekenis:
• 'n Taak of projek wat kinders leer om onafhanklik te werk, inligting in te samel en logies te organiseer.
Gebruik:
• Ouers is welkom om hul kinders met die skooltaak te help, maar moet asseblief nie oorneem of die taak namens die kind voltooi nie.
Sinoniem:
• klasprojek
• skoolprojek
Vertaling:
Engels: school project
Nederlands: schoolproject
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|