wêrelddeel [boodskap #135790] |
Sat, 27 February 2021 11:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wêrelddeel
Afbreking: wê•reld•deel
Samestelling: wêreld + deel
Selfstandige naamwoord: wêrelddeel
Meervoud: wêrelddele
Verkleinwoord: wêrelddeeltjie
Meervoud van verkleining: wêrelddeeltjies
Betekenis:
• 'n Groot landmassa bo seevlak, saam met die omliggende eilande op dieselfde kontinentale plaat.
Gebruik:
• Koffie is inheems aan Afrika, maar daar word meer koffie in Suid-Amerika as in enige ander wêrelddeel verbou.
Sinoniem:
• kontinent
• landmassa
Hiponiem:
• Afrika
• Antarktika
• Asië
• Australië
• Europa
• Noord-Amerika
• Suid-Amerika
Vertaling:
Engels: continent
Nederlands: werelddeel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|