leksikograaf [boodskap #135785] |
Sat, 27 February 2021 09:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leksikograaf
Afbreking: lek•si•ko•graaf
Selfstandige naamwoord: leksikograaf
Meervoud: leksikograwe
Betekenis:
• Persoon wat woordeboeke opstel en redigeer.
Gebruik:
• Prof. F.F. Odendal (1926-2013) was 'n bekende Afrikaanse taalkundige en leksikograaf.
Sinoniem:
• leksikoloog
• woordeboekmaker
• woordeboekskrywer
Verwant:
• leksikografie
• leksikografies
Vertaling:
Engels: lexicographer
Nederlands: lexicograaf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|