vanmelewe [boodskap #135778] |
Fri, 26 February 2021 17:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vanmelewe
Afbreking: van•me•le•we
Bywoord: vanmelewe
Betekenis:
• Vroeër in my lewe; in die ou dae.
Gebruik:
• Ek het vanmelewe 'n man geken wat so sterk was soos 'n os.
• Teenswoordig is die gewoontes anders as vanmelewe.
Wisselvorm:
• vanmelee
Sinoniem:
• destyds
• eens
• eertyds
• tevore
• toentertyd
• vanslewe
• voorheen
• vroeër
Verwant:
• almelewe
Vertaling:
Engels: in the old days, formerly
Nederlands: van mijn leven, in de oude dagen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|