tydsaam [boodskap #135768] |
Thu, 25 February 2021 12:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tydsaam
Afbreking: tyd•saam
Samestelling: tyd + -saam
Byvoeglike naamwoord: tydsaam
Vergrotende trap: tydsamer
Oortreffende trap: tydsaamste
Attributief: tydsame
Partitief: tydsaams
Betekenis:
• Wat baie tyd vat; nie haastig nie.
Gebruik:
• Die winkelier lui die items tydsaam op terwyl die klant ongeduldig staan en wag.
Sinoniem:
• draaierig
• dralerig
• geleidelik
• langsaam
• rustig
• slepend
• stadig
• traag
Antoniem:
• haastig
Afgelei:
• tydsaamheid
Vertaling:
Engels: slow, leisurely
Nederlands: langzaam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|