onderdruk [boodskap #135764] |
Wed, 24 February 2021 17:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderdruk
Afbreking: on•der•druk
Samestelling: onder + druk
Werkwoord: onderdruk
Verlede tyd: het onderdruk
Teenwoordige deelwoord: onderdrukkende
Betekenis:
• Iemand onderwerp of op 'n onregverdige manier van iets weerhou.
• Iets teenhou, bedwing of inhibeer.
Gebruik:
• Die weermag is ingestuur om die opstand met geweld te onderdruk.
• Sy het haar trane met groot moeite onderdruk.
Afgelei:
• onderdrukkend
• onderdrukker
• onderdrukking
• onderdrukte
Vertaling:
Engels: to oppress; suppress
Nederlands: onderdrukken
Selfstandige naamwoord: onderdruk
Meervoud: onderdrukke
Betekenis:
• 'n Toestand van lae druk.
Gebruik:
• Vloeistowwe en gasse kan verplaas word deur dit te onderwerp aan 'n onderdruk (met 'n suigpomp) of 'n oordruk (met 'n perspomp).
Antoniem:
• oordruk
Vertaling:
Engels: underpressure, deficiency in pressure
Nederlands: onderdruk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|