uitgewekene [boodskap #135763] |
Wed, 24 February 2021 15:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitgewekene
Afbreking: uit•ge•we•ke•ne
Samestelling: uitgeweke + -ne
Selfstandige naamwoord: uitgewekene
Meervoud: uitgewekenes
Betekenis:
• 'n Uitgeweke persoon. Iemand wat homself gedwonge voel om 'n bepaalde groep, samelewing of land te verlaat (uit te wyk).
Gebruik:
• 'n Mens kan nie 'n uitgewekene verwyt omdat hy die land uit is om 'n beter toekoms vir sy kinders te verseker nie.
Sinoniem:
• asielsoeker
• banneling
• emigrant
• gedeporteerde
• ontheemde
• uitgeworpene
• verstoteling
• vlugteling
Vertaling:
Engels: expatriate, exile, refugee, asylum seeker
Nederlands: uitgewekene
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|