teetyd [boodskap #135757] |
Mon, 22 February 2021 16:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teetyd
Afbreking: tee•tyd
Samestelling: tee + tyd
Selfstandige naamwoord: teetyd
Meervoud: teetye
Verkleinwoord: teetydjie
Meervoud van verkleining: teetydjies
Betekenis:
• Tyd van die dag waartydens tee (soms ook koffie) gedrink word.
Gebruik:
• Ma bak skons vir teetyd.
Sinoniem:
• koffiebreek
• teepouse
• teebreek
Vertaling:
Engels: teatime
Nederlands: theetijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|