maagkrul [boodskap #135753] |
Mon, 22 February 2021 14:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
maagkrul
Afbreking: maag•krul
Samestelling: maag + krul
Selfstandige naamwoord: maagkrul
Meervoud: maagkrulle
Verkleinwoord: maagkrulletjie
Meervoud van verkleining: maagkrulletjies
Betekenis:
• Oefening om die maagspiere sterk te maak deur die lyf van 'n lêende posisie opwaarts te krul.
Gebruik:
• As jy drie sarsies van sewe maagkrulle per dag doen sal jy nooit 'n boepens hê nie.
Verwant:
• opsit
Vertaling:
Engels: crunch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|