byekorf [boodskap #135752] |
Mon, 22 February 2021 13:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
byekorf
Afbreking: by•e•korf
Samestelling: bye + korf
Selfstandige naamwoord: byekorf
Meervoud: byekorwe
Verkleinwoord: byekorfie
Meervoud van verkleining: byekorfies
Betekenis:
• 'n Hok waarin 'n kolonie bye kan nesmaak, oorspronklik in die vorm van 'n gevlegte korf.
Gebruik:
• Om met bye te begin boer het die voornemende byeboer 'n byekorf nodig.
Spreekwoord:
• Die byekorf skud. [Konsternasie veroorsaak.]
Sinoniem:
• bynes
Afgelei:
• byekorfoond
Vertaling:
Engels: beehive
Nederlands: bijenkorf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|