klemverskuiwing [boodskap #135751] |
Mon, 22 February 2021 13:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klemverskuiwing
Afbreking: klem•ver•skui•wing
Samestelling: klem + verskuiwing
Selfstandige naamwoord: klemverskuiwing
Meervoud: klemverskuiwings
Verkleinwoord: klemverskuiwinkie
Meervoud van verkleining: klemverskuiwinkies
Betekenis:
• Die klem op 'n ander deel van 'n woord of sin laat val.
• (figuurlik) 'n Verandering in interpretasie.
Gebruik:
• Die betekenis van 'n woord kan d.m.v. klemverskuiwing verander word (bv: vóórkom vs. voorkóm).
• Daar is tans 'n klemverskuiwing in die onderrig van leerders, weg van die klaskamer na 'n aanlyn-leeromgewing.
Sinoniem:
• ommekeer
• ommeswaai
• verandering
Vertaling:
Engels: stress shift; focus shift
Nederlands: klemverschuiving
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|