agterkleinkind [boodskap #135749] |
Mon, 22 February 2021 12:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agterkleinkind
Afbreking: ag•ter•klein•kind
Samestelling: agter + kleinkind
Selfstandige naamwoord: agterkleinkind
Meervoud: agterkleinkinders
Verkleinwoord: agterkleinkindjie
Meervoud van verkleining: agterkleinkindjies
Betekenis:
• Die kind van iemand se kleinkind.
Gebruik:
• Dit gebeur nie aldag dat 'n oumagrootjie haar eie agterkleinkind in die lewe in help nie.
Hiponiem:
• agterkleindogter
• agterkleinseun
Afgelei:
• agter-agterkleinkind
Vertaling:
Engels: greatgrandchild, great-grandchild
Nederlands: achterkleinkind
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|