inskiklik [boodskap #135741] |
Sun, 14 February 2021 13:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inskiklik
Afbreking: in•skik•lik
Byvoeglike naamwoord: inskiklik
Vergrotende trap: inskikliker
Oortreffende trap: inskiklikste
Attributief: inskiklike
Partitief: inskikliks
Betekenis:
• Bereid om by ander aan te pas; geneig om te skik en toe te gee.
Gebruik:
• Julle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal. [Titus 3:2]
Sinoniem:
• akkommoderend
• bereidwillig
• berustend
• buigsaam
• gedienstig
• gedwee
• gelate
• gewillig
• handelbaar
• tegemoetkomend
• tembaar
• toegeeflik
• toegewend
• verdraagsaam
• welwillend
Antoniem:
• koppig
Afgelei:
• inskiklikheid
Vertaling:
Engels: complaisant, accommodating, obliging
Nederlands: inschikkelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|