Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waterskilpad
waterskilpad [boodskap #135738] Sun, 14 February 2021 11:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Seeskilpad, as voorbeeld van 'n waterskilpad.
'n Seeskilpad, as voorbeeld van 'n waterskilpad.
waterskilpad
Afbreking: wa•ter•skil•pad
Samestelling: water + skilpad


Selfstandige naamwoord: waterskilpad
Meervoud: waterskilpaaie
Verkleinwoord: waterskilpadjie
Meervoud van verkleining: waterskilpadjies

Betekenis:
• Skilpad met 'n sagte dop wat die grootste deel van sy lewe in water leef.

Gebruik:
• Afhangende van die spesie kan 'n waterskilpad in die see of in varswater (damme en riviere) voorkom.

Antoniem:
• landskilpad

Hiponiem:
• seewaterskilpad
• varswaterskilpad

Afgelei:
• moeraswaterskilpad
• platdopwaterskilpad
• skulprandskarnierwaterskilpad

Vertaling:
Engels: water turtle
Nederlands: waterschildpad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: feeagtig
Volgende onderwerp: ongerep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 17:51:36 UTC 2025