misnoeë [boodskap #135736] |
Sun, 14 February 2021 08:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
misnoeë
Afbreking: mis•noe•ë
Selfstandige naamwoord: misnoeë
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Sterk gevoel van ontevredenheid (wat gewoonlik deur iemand se optrede veroorsaak is).
Gebruik:
• Die betogers het hulle misnoeë te kenne gegee deur voor die winkelsentrum te betoog.
Sinoniem:
• afkeer
• mishae
• misnoegdheid
• ongelukkigheid
• ontevredenheid
• ontsteltenis
• ontstemming
• onvergenoegdheid
• wrewel
Antoniem:
• genoeë
Vertaling:
Engels: displeasure
Nederlands: misnoegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|