Leksikograaf Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Mosterdplant, Brassica nigra.mosterd
Afbreking: mos•terd
Uitspraak: /ˈmɔs.tərt/
Selfstandige naamwoord: mosterd
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Pasta van gemaalde mosterdsaad, sout en asyn wat as geurmiddel by kos gebruik word.
• Plant waarvan die saad as kruiemiddel gemaal word om mosterdsous of -poeier te maak.
Gebruik:
• Mosterd word algemeen saam met varkvleis, burgers en worsbroodjies bedien.
• Mosterd word op groot skaal verbou.
Spreekwoord:
• Dis mosterd na die maal. [Te laat.]
• Iemand deur die mosterd trek. [Iemand berispe.]